Skip to content

Commit

Permalink
chore: autopublish 2024-12-27T21:51:54Z
Browse files Browse the repository at this point in the history
  • Loading branch information
github-actions[bot] committed Dec 27, 2024
1 parent 22bb735 commit 16c9776
Show file tree
Hide file tree
Showing 1,240 changed files with 20,904 additions and 0 deletions.
19 changes: 19 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/01/01.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,19 @@
---
title: God het vrywillig lief
date: 28/12/2024
---

### Skrifverwysings vir hierdie week se studie

Eksodus 33:15-22, Hosea 14:1-5, Openbaring 4:11, Johannes 17:24, Matteus 22:114, asook Johannes 10:17-18.

> <p>Geheueteks</p>
> “‘Ek sal hulle afkerigheid genees, hulle vrywillig liefhê, want my toorn is van hulle afgewend’” (Hosea 14:5, OAB).
Petrus verloën Jesus drie keer, presies soos die Heiland voorspel het (Matt. 26:34). Tog eindig die storie nie by daardie ontkennings nie. Ná sy opstanding vra Jesus vir Petrus: “‘Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?’” waarop die dissipel toe antwoord: “‘Ja, Here… U weet dat ek U liefhet.’” Jesus sê vir Petrus: “‘Laat my lammers wei.’” Toe vra Jesus weer vir Petrus: “‘Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?’” Die dissipel antwoord toe: “‘Ja, Here… U weet dat ek U liefhet.’” Op dié sê Jesus toe: “‘Laat my skape wei.’” ’n Derde maal vra Jesus hom: “‘Simon, seun van Johannes, het jy My lief?’” En “Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: ‘Het jy My lief?’ en hy antwoord Hom: ‘Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.’” Toe sê Jesus vir hom: “‘Laat my skape wei’” (Joh. 21:15-17, NAB). Petrus het die Meester drie keer verloën. Derhalwe is die herstel van [die liefdesband tussen Jesus en Petrus] ook drievoudig. Die Heiland bring hierdie herstel m.b.v. die deurslaggewende vraag: “Het jy My lief?”

Ons omstandighede verskil dalk hemelsbreed van Petrus s’n. Nietemin geld hierdie beginsels in vele opsigte deurgaans. Die beginsel waarvan ons hier praat, is die vraag wat Jesus aan Petrus stel — die groot vraag wat op hierdie tydstip en plek ook aan elkeen van ons gestel word: Het jy My lief?

Alles draai om die antwoord wat ons gee.

_*Bestudeer hierdie week se les ter voorbereiding vir Sabbat, 4 Januarie._
18 changes: 18 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/01/02.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,18 @@
---
title: Meer as wat ’n mens redelik te wagte is
date: 29/12/2024
---

Die Here vra nie net “Het jy My lief?” nie. Nee, Hy self het ook elkeen lief, en doen dit vrywillig. Die omvang van daardie spontane liefde vir jou en my — ja, vir die ganse mensdom — kan geen mens deurgrond nie. Dit blyk uit die geskiedenis van die verbondsvolk wat toon hoe Hy in die verlede teenoor sy kinders opgetree het.

`Lees Eksodus 33:15-22. Neem die konteks van hierdie verse in ag. Let ook op die verhaal wat hier vertel word. Wat bring hierdie Skrifgedeelte, en veral vers 19, aan die lig oor God se wil en liefde?`

Dit lyk na ’n verlore saak. Nie lank nadat God die volk op ’n wonderbaarlike wyse uit Egipte en slawerny bevry het nie, rebelleer die Israeliete teen die Here en aanbid ’n goue kalf. Toe Moses van die berg afkom, sien hy die hele gedoente en gooi die kliptafels waarop die tien gebooie geskryf staan, flenters. Streng gesproke moes die volk net daar hul aanspraak op die verbondsvoorregte en seëninge wat God hulle vrywillig geskenk het, verbeur het. Tog kies die Here vrywillig om sy verbondsverhouding met Israel voor te sit, selfs al verdien die volk nie die verbondseëninge nie.

Die woorde in Eksodus 33:19, “‘want Ek betoon genade aan wie Ek genade wil betoon en Ek ontferm My oor wie Ek My wil ontferm’” (NAB), word dikwels verkeerd vertolk; naamlik dat God op ’n arbitrêre wyse kies wie sy barmhartigheid en genade gaan ontvang, en wie dit nie beskore is nie. Inaggenome die konteks, sê die Here geensins hier dat sy genade en ontferming op ’n willekeurige wyse uitgedeel word nie. Dit is nie die Here se werkswyse nie; al probeer sekere populêre teologiese sienings die teendeel te kenne gee, naamlik dat God kwansuis uitverkies wie die ewige lewe en wie die ewige verdoemenis gaan ontvang.

Wat probeer die Here dan hier sê? Op die keper beskou: dat Hy in sy hoedanigheid as die Skepper van alles en almal, die reg en gesag het om selfs aan die mees onverdienstelike persone sy genade en ontferming vrywillig te skenk. Dit doen Hy te midde van die ongehoorsaamheid wat hier hoogty vier, selfs ná die volk se rebellie en aanbidding van die goue kalf. Ja, Hy begenadig Israel, selfs al verdien hulle dit nie.

Hierdie is een van vele kere dat God sy liefde bewys, en meer as wat ’n mens in so ’n situasie redelik te wagte is. Goeie nuus vir jou en my, en die ganse mensdom — nie waar nie?

`Op watter maniere het die Here al aangehou om sy liefde aan jou te toon en te betoon — meer as wat jy in so ’n situasie redelik te wagte was?`
16 changes: 16 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/01/03.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,16 @@
---
title: Onbeantwoorde liefde
date: 30/12/2024
---

’n Greep uit Hosea se lewensverhaal bied die leser ’n aangrypende voorbeeld van God se liefde vir die gevalle mensdom. Let op die Here se bevel aan die profeet: “‘Gaan trou met ’n losbandige vrou, iemand wat mettertyd buite-egtelike kinders sal hê. Dit sal ’n sigbare beeld wees van hoe die land teenoor My, die Here, egbreuk pleeg deur ander gode te dien’” (Hos. 1:2, NLV). Hosea en sy losbandige vrou se lewens versinnebeeld dus in lewende lywe die Here se liefde vir sy volk, ’n liefde ten spyte van Israel se ontrouheid en geestelike egbreuk. Met ander woorde, dit is ’n verhaal wat toon hoedat die Here sy liefde vrywillig skenk aan mense wat dit nie verdien nie.

Ten spyte van God se liefde en trou het die volk inderdaad teen Hom gerebelleer, en boonop herhaaldelik. Dit is dan ook waarom die Skrif gedurigdeur vir God as die een uitbeeld wie se liefde onbeantwoord bly, ’n man wie se vrou periodiek rondloop. Sy liefde vir Israel is volmaak en standvastig, maar dan verag hulle Hom. Tot sy diepe smart vereer en dien hulle ander gode, en rig sodoende oënskynlik onherstelbare skade aan die liefdesband tussen God en sy verbondsvolk.

`Lees Hosea 14:1-5. Wat toon hierdie verse oor God se onwrikbare liefde vir sy volk?`

In die nadraai van Israel se herhaaldelike rebellie, sê die Here: “‘Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê’” (AFR20). Die sinsnede “uit vrye wil” kom uit die Klassieke Hebreeus, nedābâ, en dui op die gee van iets op ’n ongedwonge wyse. Dit is dieselfde woord wat (o.a. in Lev. 22:21 en 23, Num. 15:3, Deut. 16:10) as “vrywillige offergawes” vertaal word, verwysende na die geld wat bo en behalwe die tiendes in die Ou-Testamentiese tabernakelstelsel gegee is.

Regdeur Hosea, asook in ander Bybelverhale, betoon die Here ongekende toewyding en barmhartigheid aan sy volk. Hoewel hulle herhaaldelik agter ander gode aanloop, en sodoende die verbondsverhouding oënskynlik onherroeplike skade aandoen, betoon die Here steeds sy liefde aan hulle. Hy doen dit vrywillig. Die mense het nie God se liefde verdien nie — die regmatige aanspraak wat hulle daarop gehad het, het hulle verwerp en verbeur — en tog het die Here aangehou om sy liefde aan hulle te skenk. Van dwang was daar geen sprake nie. Geen moraliteitsin of enige ander [pligsgevoel] het Hom genoop om dit te doen nie. Hier en elders in die Skrif het ons deurgaans ’n tentoonstelling van God se liefde as ’n vrywillige gebaar, ’n gawe wat vrylik gegee word.

`Baie mense beskou God as afsydig en hardvogtig, ’n [onverbiddelike] koning en regter. Hoe help die uitbeelding van die Here as ’n veragte en bedroefde man, een wie se opregte liefde vir sy ontroue vrou onbeantwoord bly, ’n mens om Hom in ’n ander lig te sien? Hoe verander dit die wyse waarop jy jou eie verhouding met God beskou?`
20 changes: 20 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/01/04.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,20 @@
---
title: Liefde wat Vrylik gegee Word
date: 31/12/2024
---

Die betoning van sy liefde aan die immer-rebelse mens, is nie net iets wat tussen God en Israel van ouds gebeur het nie. Nee, die Here stort ook aanhoudend op ons, wat in sonde verkeer, sy liefde uit. Ons verdien nie sy liefde nie en ons sal dit nooit kan verdien nie. Tog het die Here ons nie nodig nie [m.a.w. Hy kan sonder ons leef]. Die God van die Bybel het nie behoefte aan enigiets of enigiemand nie (Hand. 17:25). So die Here se liefde vir jou en my, en vir elkeen op aarde, is ‘n suiwer wilsbesluit — Hy doen dit uit vrye wil – vrywillig!

`Vergelyk Openbaring 4:11 met Psalm 33:6. Wat sê hierdie verse oor God se vrywilligheid betreffende die skepping?`

God het gekies om die wêreld te skep. Vanweë hierdie wilbesluit kom alle eer, mag en heerlikheid Hom toe. Hy het nie nodig gehad om die aarde of enige ander wêreld te skep nie. Voor die grondlegging van hierdie wêreld het God reeds die intieme band tussen die lede van die Godheid geniet.

`Lees Johannes 17:24. Wat sê dit oor God se liefde voor die grondlegging van die wêreld?`

Aan geskape wesens as ontvangers van sy liefde het God nie behoefte gehad nie. In ooreenstemming met sy liefdevolle aard en wese kies Hy toe egter om hierdie wêreld te skape en ’n liefdesband met die geskape mens te smee.

Die Here skep nie net die wêreld vrywillig as ’n mildelike liefdesgebaar nie, maar Hy hou ook aan om die mens vrylik lief te hê, selfs ná die sondeval in Eden, en selfs nadat elkeen van ons persoonlik gesondig het.

Ná die sondeval het Adam en Eva eintlik hul reg op die lewe en op die liefde van God verloor. Uit sy grote liefde en genade bewaar God egter hul lewens, Hy wat volgens Hebreërs 1:3 “alles… deur sy magtige woord” in stand hou (AFR20), en kom met ’n uitweg vorendag om die mens met Hom en sy liefde te versoen. Daardie versoening sluit ook jou en my in.

`Die Here hou aan om sy liefde op die skepping uit te stort, al vier sonde en boosheid hier hoogty. Wat sê dit vir ons oor God se liefde en karakter? Hoe help hierdie waarheid ons om Hom weer as’t ware terug lief te hê?`
20 changes: 20 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/01/05.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,20 @@
---
title: Baie is geroep, maar min is uitverkies
date: 01/01/2025
---

Die Here kies nie net om die mens lief te hê nie, maar nooi ons ook om Hom terug lief te hê. Dat God ons hierdie keuse skenk — of ons sy liefde gaan aanvaar of verwerp — blyk (o.a.) duidelik uit Jesus se gelykenis van die bruilofsfees.

`Lees Matteus 22:1-14. Wat beteken hierdie gelykenis?`

In Christus se gelykenis van die bruilofsmaal, reël ’n koning ’n troue vir sy seun. Hy stuur sy diensknegte uit om “‘om dié wat na die bruilofsfees genooi is, te roep, maar hulle wou nie kom nie’” (Matt. 22:2 en 3, AFR20). Die koning stuur sy diensknegte herhaaldelik uit om die uitgenooides te roep. Telkens ignoreer hulle hom. Om skande by skade te voeg, gryp hulle in ’n stadium selfs die diensknegte en maak hulle dood (Matt. 22:4-6).

Later reken die koning af met dié wat sy diensknegte om die lewe gebring het en draai dan na sy diensknegte. Hy sê toe aan hulle: “‘Die bruilof is gereed, maar die gaste wat ek genooi het, is hierdie eer onwaardig. Gaan staan nou op die straathoeke en nooi almal wat julle raakloop om die bruilof by te woon’” (Matt. 22:8 en 9, NLV). Ná ’n verdere haakplek oor ’n man wat sonder bruilofsklere by die onthaal opgedaag het (’n gebeurtenis wat daarop wys dat die gas eers sy bruilofsklere by die koning moes kry voordat hy die feesmaal kon bywoon), sluit Jesus die gelykenis met ’n kriptiese dog hoogs betekenisvolle opmerking af: “Want baie is geroep, maar min uitverkies” (Matt. 22:14, OAB).

Wat beteken dit? Dat diegene wat uiteindelik “uitgekies” (AFR20) of “uitverkies” (OAB & NAB) word —d.w.s. die “uitverkorenes” (NLV) — dié is wat die Here se uitnodiging na die bruilofsmaal aanvaar het. Die woorde in die gelykenis wat in Afrikaans as “roep” en “nooi” vertaal is, kom uit [verbuigings] van die Koinegriekse woord kaleō (“om te roep” of “om te nooi”). Die “uitverkorenes” (die eklektos) is diegene wat daardie uitnodiging vrylik aanvaar het.

Inderwaarheid word almal na die Here se bruilofsmaal geroep (oftewel genooi). Dit staan ons egter vry om sy liefde van die hand te wys. Die reg om vrylik te kies, is immers ’n integrale deel van [ware] liefde. Die Here sal nooit enigeen dwing om Hom lief te hê nie. Dít is die hartseer werklikheid: ons kan kies om nie bande met God te hê nie.

Die “uitverkorenes” is diegene wat die uitnodiging aanvaar het. Vir dié wat Hom liefhet, berei die Here wonderbaarlike dinge voor, dinge wat niemand op aarde ooit kon droom nie. Weereens is dit ’n kwessie van liefde en van vryheid as ’n grondbeginsel van die liefde.

`Hoe toon jou lewe dat jy die uitnodiging na Jesus se bruilofsmaal aanvaar het en dat jy die regte klere vir die geleentheid aanhet?`
16 changes: 16 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/01/06.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,16 @@
---
title: Vir ons gekruisig
date: 02/01/2025
---

God nooi almal om ’n liefdevolle verbintenis met Hom te hê; maar slegs dié wat sy uitnodiging vrywillig aanvaar, sal die ewige voordele daarvan pluk. Soos dit blyk uit die gelykenis van die bruilofsmaal, is almal genooi, “‘maar hulle wou nie kom nie’” (Matt. 22:3, NAB).

Let insgelyks op Jesus se weeklag kort voor sy kruisiging: “‘Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie!’” (Matt. 23:37, NAB). Christus wou hulle bymekaarmaak, maar hulle het geweier. Die werkwoord thelō (“om te wil”) kom algemeen in Koinegrieks voor, en word twee maal in hierdie teksvers gebruik, verwysende na beide Jesus se gewilligheid om te red en die volk se onwilligheid om gered te word. (Dit verskyn boonop ook in Matteus 22:3 hierbo).

Tog kies Christus om vir hierdie mense en vir ons gekruisig te word. Hoe wonderlik is sy liefde net nie! Vanweë sonde verdien ons die dood, maar dan kom die Here in die vorm van Christus en betaal die losprys, en vind sodoende ’n manier om die verbreekte band tussen God en die mens te herstel. Wat meer is, Hy hou aan om sy liefde aan ons te betoon, hoewel Hy geensins verplig is om dit te doen nie. Nee, Hy staan bloot by sy verbintenis tot die liefde, by die vrye keuse om so op te tree.

`Lees Johannes 10:17 en 18. Vergelyk dit met Galasiërs 2:20. Watter boodskap probeer hierdie verse by ons tuisbring?`

In die grootste betoning van God se liefde — naamlik die kruis — sien ons hoedat Christus kies om Homself vir die mensdom te gee. Christus het “uit sy eie” sy lewe vir ons afgelê. Niemand het dit teen sy sin van Hom afgeneem nie. Hy het dit vrylik opgeoffer, in ooreenstemming met die verlossingsplan waarop [die Godheid] voor die grondlegging van die wêreld, in die hemelhowe, ooreengekom het.

“Die plan om die mens te verlos, was nie ’n latere toevoeging nie. Dit is nie iets wat ná die sondeval geformuleer is nie. Nee, dit was ’n openbaring van ‘die verborgenheid wat eeue lank verswyg is’ (Rom. 16:25, OAB) Met die verlossingsplan sien ons hoedat beginsels wat vir ewig reeds die grondslag van God se regering vorm, begin ontvou. Reg van die begin af weet God en Christus van Satan se [komende] afvalligheid, en van die mens se sondeval wat deur die afvallige Lucifer se swendelary teweeggebring sou word. [Tog] het God dit nie so beskik dat sonde moes kop uitsteek nie. Hy het dit wel vooruitgesien. So maak die Here toe voorsiening om hierdie afgryslike krisis te hanteer. So groot was sy liefde vir hierdie wêreld dat Hy Hom tot die prysgee van sy eniggebore Seun verbind het, ‘sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê’ (John 3:16, OAB)” (Ellen G. White, The Desire of Ages, bl. 22).
24 changes: 24 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/01/07.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,24 @@
---
title: Vir verdere studie
date: 03/01/2025
---

Lees die volgende gedeelte uit Ellen G. White se geskrifte – “‘To Meet the Bridegroom’” (bl. 405-421, Christ’s Object Lessons).

“Mistastings oor God – dít is die duisternis waarin die mensdom [tans] gehul is. Aangedryf deur wanopvattings en verkeerde interpretasies gaan die kennis oor Hom algaande tot niet. Ons leef [dus] in ’n tyd waarin die boodskap oor God verkondig behoort te word, ’n boodskap met ’n verligtende uitwerking en ’n reddende krag. Sy karakter behoort bekend gemaak te word. In die duisternis moet die lig van sy heerlikheid, die lig van sy goedheid, genade en waarheid geskyn word.

“Dit is die werk wat die profeet Jesaja hier in breë trekke beskryf: ‘Klim op ’n hoë berg, Sion, boodskapper van vreugde! Verhef jou stem met krag, Jerusalem, boodskapper van vreugde! Verhef dit, moenie bang wees nie! Sê vir die dorpe van Juda: “Hier is julle God!”’ (hfst. 40:9 en 10, AFR20).

“‘Hier is julle God!’ is wat dié wat op die Bruidegom wag, aan die mensdom moet sê. Die laaste strale van sy genadige lig, die laaste boodskap van genade wat aan die wêreld verkondig behoort te word, is die bekendmaking van sy liefdevolle karakter. Die kinders van die Here moet sy heerlikheid aan die mensdom openbaar. Hul eie lewe en karakter moet getuig wat God vir hulle vermag het.

“Deur goeie dade, deur woorde van waarheid en heilige dade, moet die lig van Christus se geregtigheid [op aarde] skyn” (Ellen G. White, Christ’s Object Lessons, bl. 415 en 416).

**Vrae vir bespreking**:

`Veel erger as die idee dat God nie bestaan nie, is die siening dat Hy wel bestaan, maar ons haat. Hoe sou die wêreld anders daar uitsien as dit die geval was?`

`Waarom dink jy is daar soveel wanbegrip oor God se karakter in die hedendaagse wêreld? Hoe kan ’n mens ander help om God se liefdevolle karakter duideliker raak te sien. Bepeins en bespreek dit.`

`Wat is die boodskap oor God se karakter wat in ons tyd verkondig behoort te word? Hoe sou jy dit duidelik maak aan iemand wat nog nie die liefde van God as ’n werklikheid begryp en beleef het nie? Watter bewyse kan jy gebruik om te toon dat sy liefde en wonderlike karakter ’n werklikheid is?`

`Om oor God se liefde te praat, is maklik. Om dit aan ander bekend te maak en te weerspieël, is egter veel moeiliker. Met watter “heilige dade” kan ons God se liefde aan diegene om ons heen bekend maak?`
4 changes: 4 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/01/info.yml
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,4 @@
---
title: "God het vrywillig lief"
start_date: "28/12/2024"
end_date: "03/01/2025"
19 changes: 19 additions & 0 deletions src/af/ss/2025-01/02/01.md
Original file line number Diff line number Diff line change
@@ -0,0 +1,19 @@
---
title: Verbondsliefde
date: 04/01/2025
---

### Skrifverwysings vir hierdie week se studie

2 Petrus 3:9, Deuteronomium 7:6-9, Romeine 11:22, Johannes 15:12, asook 1 Johannes 4:7-20 en 3:16

> <p>Geheueteks</p>
> “Jesus antwoord hom: ‘As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon’” (Johannes 14:23, NAB).
Baie mense word geleer dat die Koinegriekse woord agápē slegs op Goddelike liefde dui. Daarenteen dui ander terme vir liefde, soos phileō, op ander tipes liefde — tipes wat afsteek teen agápē. Party beweer selfs dat agápē ’n eenrigtingliefde (of ’n eensydige liefde) is. Met ander woorde, dit is ’n liefde wat net gee, maar nooit ontvang nie; ’n liefde wat glad nie op menslike beantwoording aangewese is nie.

Ten spyte van die feit dat hierdie sienings algemeen aanvaar word, toon ’n kanonwye studie van Goddelike liefde die teendeel. Ten eerste dui die term agápē nie net op Goddelike liefde nie. Dit kan ook menslike liefde, somtyds selfs die misplaaste soort wees (2 Tim. 4:10). Ten tweede sien ’n mens regdeur die Skrif dat vele ander terme, en nie net agápē nie, op God se liefde dui. Let byvoorbeeld op Jesus se leer in Johannes 16 vers 27: “‘want die Vader self het julle lief [philei], omdat julle My liefhet [pephilēkate]’” (NAB). Hier word die Koinegriekse woord phileō [in hul verbuigde vorms] nie net vir menslike liefde gebruik nie. Dit dui ook op God se liefde vir die mens. So phileō is nie ’n minderwaardige soort liefde nie, maar dui inderdaad hier op God se liefde.

Die Skrif leer boonop dat God se liefde nie eensydig van aard is nie; maar dat dit eerder met bande van wederkerigheid te make het, want vir God is dit vreeslik belangrik of die mens sy liefde beantwoord en dit aan ander weerspieël.

_*Bestudeer hierdie week se les ter voorbereiding vir Sabbat, 11 Januarie._
Loading

0 comments on commit 16c9776

Please sign in to comment.