-
Notifications
You must be signed in to change notification settings - Fork 0
/
Copy pathlirieke.txt
66 lines (51 loc) · 2.88 KB
/
lirieke.txt
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
# Psalm 139
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
HERE, U deurgrond en ken my.
U ken my sit en my opstaan;
U verstaan van ver my gedagte.
U deurvors my gaan en my lê, en
U is met al my weë goed bekend.
Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al.
U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.
Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.
Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?
Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!
Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,
dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is;
wonderbaar is u werke!
En my siel weet dit alte goed.
My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.
o God, as U tog maar die goddelose wou ombring!
En julle manne van bloed, gaan van my af weg!
Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef — u teëstanders!
HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat,
en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?
Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!
Deurgrond my, o God, en ken my hart;
toets my en ken my gedagtes;
en kyk of daar by my 'n weg is van smart,
en lei my op die ewige weg!
-----
U, He-re, ken my. U deur-grond my, of ek sit of staan.
Selfs my ge-dag-tes on-der-skei U. Niks sal u ont-gaan.
Want voor een en-kel' woord nog oor my tong kan val,
ken U dit, He-re. Ja, U ken ge-heel en al.
U lê u hand op my. U sluit my in van el-ke kant.
Dit is te won-der-baar, dit reik te ver bo my ver-stand.
Met el-ke tre-e is U al te goed be-kend,
en U om-ring my, He-re, waar ek my ook wend.
Waar sou ek heen-gaan van u Gees en van u aan-ge-sig?
Want van die he-mel tot die do-de-ryk: Daar skyn u lig!
Al sprei ek vler-ke en gaan woon dus-kant die see,
U bring my vei-lig daar; u reg-ter-hand gaan mee!
[moduleer af, of na mineur-toonaard?]
En as ek eer-der wens dat duis-ter-nis my toe sou maak,
en dat die dag soos nag in don-ker-te ge-hul sou raak,
dan skyn wat U be-tref die duis-ter-nis soos son.
Want He-re, U is tog van al-le lig die bron.
-----
vers 1 reel 3+4: [lang noot op kort vokaal sing nie lekker nie]
vers 1 reel 3: [kan tree twee lettergrepe wees?]